JONGERENPROJEK 2007
VOORLOPIGE TOERPLAN
Woensdag, 27 Junie: JOHANNESBURG/AMSTERDAM
Vertrek om 19:45 met Air France vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe via Parys (net oorstap) na Brussels
Donderdag, 28 Junie: AMSTERDAM/HOEPERTINGEN
Arriveer in Brussels om 08:59 en vertrek per trein na Hoepertingen in die Belgiese provinsie, Limburg.
Ontmoet die gashere.
Verblyf in die kloosterkasteel Mariagaarde.
Vrydag, 29 Junie: HOEPERTINGEN
09:30 Bespreking van program en toeligting oor die Vlaams Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting en die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging. Lesing oor verhoudinge tussen Suidelike Afrika en Vlaandere en Nederland.
11:00 Lesing oor boustyle in die Nederlande.
13:00 Fietsrit deur die omgewing en besoek aan Kerkom brouery.
Aand: Gesellige samesyn
Saterdag, 30 Junie: HOEPERTINGEN
Oggend: Besoek aan die dorpie St Truiden (markbesoek, stadswandeling).
Middag: Besoek aan Tongeren, oudste stad in België (basiliek en skatkamer, Gallo-Romeinse museum/Romeinse Muur).
Aand: Vlaamse braai. (Mens wonder of dit iets soos Asterix en Obelix se feeste is?!)
Sondag, 1 Julie: HOEPERTINGEN/HASSELT
Oggend: Moontlike kerkbywoning
Middag: Vertrek na Hasselt waar ons die volgende week ‘n somerskool sal bywoon. Verblyf in Studentehuis Salvator. In dieselfde tydperk wat ons in Hasselt is, word daar by die Universiteit Hasselt ‘n seminaar oor Afrikaanse Taalkunde aan ‘n internasionale groep belangstellendes aangebied. Hierdie groep woon in dieselfde koshuis as ons en daar word interessante kontak tussen ons en hulle voorsien.
Later die middag verken ons die stad Hasselt.
Maandag, 2 Julie: HASSELT
Bywoning van Somerskool by “Limburgs Universitair Centrum” met as tema: “Nederland en Vlaanderen in Europa en de wêreld, vanuit een politiek, economisch en cultureel perspectief”.
09:00 Lesing “Waar ben ik en wie zijn de mensen hier?”
11:00 Lesing “Het Nederlands als taal van Hollanders en Vlamingen.”
13:30 Lesing “Staatsinrichting van België.”
15:30 Lesing “Staatsinrichting van Nederland.”
Aand: Filmvertoning.
Dinsdag 3 Julie: HASSELT/MAASTRICHT
Somerskool
09:00 Lesing “Vlaanderen/België en Nederland economisch bekeken vanuit het nieuwe Europa.”
11:00 Seminaar oor handelsbetrekkinge tussen Nederland/Vlaandere en Suid-Afrika
Middag: Besoek aan Maastricht (Mosae Trajectum) waar die verdrag om die Europese Unie op te rig in 1992 onderteken is (Vrijthof, Romaanse en Gotiese Kerke, Maasbrug, museums ens).
Woensdag, 4 Julie: HASSELT/BRUSSEL
Somerskool
Werksbesoek aan Brussel, hoofstad van Vlaandere, België en Europa (lesings oor Europese integrasie en samewerking, besoeke aan Europese instellings).
Aand: Gesellige samesyn.
Donderdag, 5 Julie: HASSELT
Somerskool
09:00 Werkswinkel oor aktuele sake bv vryheid van spraak in Nederland en Vlaandere olv deskundiges..
13:30 Internetnavorsing oor ‘n aktuele saak (te bepaal).
15:30 Lesing “Medialandschap in Vlaanderen en Nederland”.
Aand: Voorbereiding vir volgende dag se werkswinkel.
Vrydag, 6 Julie: HASSELT/LEUVEN
Somerskool
09:00 Aanbiedings tydens werkswinkel deur groeplede oor te bepaalde onderwerpe (bv geskiedenis, ekonomie, staatsinstellings en taal).
11:00 Powerpoint-aanbieding “Het schilderij ‘De Nederlandse Spreekwoorden’ van Breughel uit 1589”.
Middag: Vertrek na Leuven. Stadsbesoek en besoek aan Universiteit.
Aand: Bring deur saam met gaste-ouers.
Saterdag, 7 Julie: LEUVEN
Dag word saam met gaste-ouers spandeer.
Sondag, 8 Julie: BRUGGE
Stadsbesoek aan Brugge. Verblyf by gaste-ouers.
Maandag, 9 Julie: ANTWERPEN/DEN HAAG
Oggend: Stadsbesoek aan Antwerpen.
Middag: Vertrek na Den Haag . ‘n Program word vir die middag in Den Haag gereël..
Aand: Bring deur saam met gaste-ouers.
Dinsdag, 10 Julie: DEN HAAG
Moontlike strandbesoek. Res van dag se program word gereël. Verblyf by gaste-ouers
Woensdag, 11 Julie: DELFT/ROTTERDAM
Oggend: Stadswandeling in Delft met o.a. besoek aan Nieuwe Kerk.
Voormiddag: Middagete op “Pannekoekenboot” in Rotterdam. Stadswandeling in Rotterdam met besoek aan o.a. Laurenskerk en kubuswoning.
Namiddag: Eie keuse op advies van gashere.
Aand: Bring deur saam met gaste-ouers.
Donderdag, 12 Julie: LEIDEN
Oggend: Lesing by polisiekantoor oor dwelmbeleid. Stadswandeling (kospakkie word voorsien).
Voormiddag: Toer van Academiegebouw. Ontvangs by Universiteit en/of “stadhuize”.
Namiddag: Eie keuse op advies van gashere.
Aand: Afskeidsete met gaste-ouers in Leiden. Moontlike besoek aan studentevereniging. Verblyf by gaste-ouers.
Vrydag, 13 Julie: AMSTERDAM
Ontvangs by Zuid-Afrika-Huis.
Filmvertoning oor Amsterdam.
Middagete.
“Fotospeurtocht”.
Toer.
Funksie met gaste-ouers.
Saterdag, 14 Julie: AMSTERDAM
Dag vry. Verblyf by gaste-ouers.
Sondag, 15 Julie: AMSTERDAM
Oggend: Moontlike kerkbywoning..
Middag: Braai by Zuid-Afrika-Huis.
“Rondvaart”.
Verblyf by gaste-ouers.
Maandag, 16 Julie: HILVERSUM
Stadswandeling.
Besoek mediapark en museum.
Ete by Bart en Suzanne.
Verblyf by gaste-ouers.
Dinsdag, 17 Julie: UTRECHT
Program te bepaal..
Verblyf by gaste-ouers.
Woensdag, 18 Julie: AMSTERDAM/JOHANNESBURG
Oggend vry..
Vertrek om 20:50 met Air France vanaf Sciphol Lughawe via Parys (slegs oorstap) na Johannesburg.
Donderdag, 19 Julie: JOHANNESBURG
Arriveer om 09:40 te OR Tambo Internasionale Lughawe.
Sunday, 03 June 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Geniet die toer.Daar blyk om genoeg vrye tyd te wees, spandeer dit tot jou eie voordeel.
Let maar op tydens die lesings, dit mag dalk van groot waarde wees.
Die belangrikste is tog om dit te geniet.
Post a Comment