Saturday, 30 June 2007

Uiteindelik! nuwe inligting op ons blog!!!








Uiteindelik het ons 'n internetkonneksie en kan nou nuwe inligting en foto's op die blog sit!










(danksy so bietjie omkopings met die nonne in Mariagaarde-klooster! )
Hier volg wat die afgelope tyd gebeur het . . . enkele hooftrekke:


Dag een:


Almal kop om Jan Smuts bymekaar om te vertrek op die toer. Genl. Opperman (Erfenisstigting) en Kobus Rossouw (AB) ook teenwoordig.







'n Derde van die toergroep veilig op Bruxsells lughawe (danksy Ronnie van "greatways" travel se goeie reelings) die ander het na drie verskillende vlugte ook almal veilig aangesluit.



Terwyl ons vir die ander wag om hulle deurmekaarspul uit te sorteer het ons solank die welbekende Grotre Markt in Bruxsells gaan besoek.





























Eet lekker wafels ens. op die markt.
Nadat ons voltallig was het ons vertrek per trein na Hoepertingen. Daar het ons per bus verder gery na Sint-Truiden.





















Die hele groep in Sint-Truiden.

Oom Job, Afgetreede Nederlandse taalkundige professor is die organiseerder van die Belgiese gedeelte van die toer(2de van regs agter) en Peter de Graaff, ons toergids,wat graag in huis Uikelaan,Potch wil aftree, ons toergids.(heel regs agter)

Ons vertrek toe na die Mariagaarde klooster in Hoepertingen waar ons die afgelope tyd woonagtig is.








No comments: