Saturday, 21 July 2007

Saturday, 14 July 2007

Baie jammer dat die blog so landlaas opgedateer is, die internet situasie was nie so na wens die laaste tyd.

Almal het wel 'n uitstekende tyd gehad en die besoek en verblyf by hul 2de gasouers was pret! Die noordsee is ook besoek!

Almal gaan more by die Zuid - Afrika huis in Amsterdam bymekaarkom vir 'n heerlike braai met die Nederlanders. Ons sal hopenlik ook die uitslae van ons fotospeurtog tussen die gragte van Amsterdam gister oggend ontvang. Ons is in spanne opgedeel, elk met 'n weggooibare kammera en instruksies toegerus daar weg om kiekies van die gevraagde stukke te maak. Om 'n groep japanners, of meer as 12 mense om die YMCA te doen was noggals grappig! nee ma, ons het ou geboue ook besoek en agtergrond inligtin daaroor moes deurlees!

Almal sien uit na die braai more waarna ons laaste week hier in die lae lande en almal dan op Woensdag huiswaarts keur. Iets waaraan ons nie nou wil dink nie!

Nuwe Foto's!

Gasgesinne 2
Amsterdam

Monday, 09 July 2007

Gasgesinne

Ons is nou almal uitgeplaas na verskillende gasgesinne war ons Vrydag aand, Saterdag en vandag deurbring. Ons vertrek more na Brussel waar die EU parlement besoek sal word. Om 4uur vertrek ons na Den Haag, Ons eerste bestemming in Nederland.

Ons het almal vandag Brugge besoek as groep.
Hierby paar foto's.
Meer foto's en inligting volg hopenlik more aand!
Gasgesinne

Friday, 06 July 2007

Hoepertingen – 28 Junie – 1 Julie 2007

Hier is ons nou in die land van kaas en wafels (O ja, en van “milka” sjokolade). België. Die eerste helfte van ons toer is nou al vir ‘n goeie tydjie aan die gang en ons hoop dat hierdie blog ‘n lusmakertjie is aan almal tuis.

Moet erken, dit was ‘n stryd om tot hier te kom. Buiten vir die maandelange voorbereiding, gebede en bekommerde (soms histeriese) oproepe, het die toer byna nie gerealiseer nie. ‘n Paar lede van die groep se tasse het tussen Heathrow se stuurboord en bakboord verdwyn. Die ander groep kon geen jota of tittel uitmaak van hul vlugbesprekings nie. Nietemin op 28 Junie het ons ‘n gulle ontvangs van Hoepertingen se klooster geniet.

(NS. Daar was enkele moeders wat versoek het dat ons die nonnegewaad moes aanpas. Maar suster Ludgaart en kie was net te besig om spykersop te maak) Sien gerus die kiekies om die verligte uitdrukking te sien na ‘n lang dag asook die biere wat die susters brou.

Vroeg vroeg reeds is daar buitelandse bande gesmee met ons vriende Peter (Die voorsitter van die melkgenootskap), Bart 1 en Bart 2 (Das ubermens). Raar maar waar feite is ook daardie aand onthul. Soos ons begeleier Kobus se AGS doopbad insident en Letitia se geheime liefde vir Robbie Wessels … Vreemd.

Met ‘n gevaarlike rooi bus, De Zigeuner, het ons en lede van die Vlaams Zuid-Afrikaanse Kultuurstigting St. Truiden, Zoutleeuwe en Hoegaarden (met sy biertuin) besoek.

Niks kon ons egter voorberei het op die komende dag se mini Argus fietsuittog na Kerkom nie. Van ons het ‘n natuurlike aanslag gehad tot hierdie fietse, ander van ons (Lance, Arm en Strong) weer nie. Ons het die ellelange pad na De Bink Brouery aangepak. Die kersieboorde oppad daarheen is deur Babette-hulle gestroop en Bloemfontein het weer naam gemaak deur te val (Ou Horrelpoot).

By De Bink het ons weer bier geniet en met die Muisvanger van Kerkom en Natasha en De Grootte Piesang is maar enkele van die verhale wat ontstaan het.

Die nonne het ons erg verras deur ‘n Vlaamse braai en ons nostalgies laat terugdink aan die huis. Met pienksous soos die van Spur, hoendersosaties en Peter se Jacques Brel, was die aand ‘n besliste hoogtepunt.

Die Melkgenootskap het daardie aand om die vuur ontstaan (“Heil de Melkman”). En Bart het sy moevs op die Belgiese dansvloer gewys.

Ons kuier by Hoepertingen se klooster is gepas beëindig met ‘n kerkbesoek aan die plaaslike Rooms Katolieke kerk. ‘n Éérste vir baie. En wie sou kon raai dat die kerkkoor ons luiddrugtig met Sarie Marais sou toesing.

Hierna vertrek ons na Hasselt vir ons “somerskool” by die Universiteit.

Deur: Chantél Schültz

Thursday, 05 July 2007

Antwerpen!

Die voldag besoek aan Antwerpen was uiters interessant en leersaam! Ons het die stad onderskat, maar het al met die aankoms op die stasie, wat onlangs gerestoreer is en van binne soos 'n operahuis lyk, en die passie waarmee ons twee toerleiers ons aan hul lippe laat hang het, besef die stad het vele skatte wat gesien moet word. Die reen het die stad goed skoongewas, en natuurlik was daar 'n hele paar van ons wat nie gewapen was teen die 'kat en hond" sous nie, maar danksy 'n spoedige besoek aan 'n winkel, was ons gewapen met 'parraplues'en gereed vir die dag se tog en natuurlik het Belgie se ekonomie 'n hupstoot gekry! Ons het letterlik 4 seisoene beleef. Die besienswaardighede was onder andere De Katedraal, Markpleine, Stadhuis en Plantau, almal asemrowende skouskatte en ons dag is op 'n vreedsame, vinger-lek-lekker feesmaal afgesluit in 'n tradisionele restaurant.Kliek op die foto hier onder, of op die lys aan die linkerkant van die skerm om meer van ons opwindende ervaring te beleef!
Groete!
Dag 7 - Antwerpen

Naglewe in Hasselt Stadsplein!

Hier volg 'n paar feestelike kiekies oor ons 'nagtlewe' in die stadsplein van Hasselt! Dit was 'n aand die om nooit te vergeet nie!!!
DAg 6 - Di aand in Hasselt

Tuesday, 03 July 2007

Somerskool!

Hier is ons by die somerskool by die Universiteit van Hassalt.
Ons woon elke dag leesings by wat insluit die Taal, Kultuur, Ekonomie, Politiek, Regering ens. van Nederland en Belgie (Vlaandere & Wallonie). 'n Wye verskeidenheid van onderwerpe word behandel met baie kennis wat opgedoen word. Almal vind die lesings baie interessant en leersaam. Die kos by die Universiteit is baie en lekker. Almal sukkel nog om gewoond te raak dat dit nog tot beina 11uur lig is.

Vir almal wat wonder oor die vliegkaartjies wat bietjie 'n deurmekaarspul is, ons is besig om dit uit te sorteer! Sal nuutste nuus op die blog plaas.

Almal stuur baie groete vir hul Ma's.

Groete,
Die JP groep.
Dag 5&6 - Somerskool

Monday, 02 July 2007

Foto's van Dag 4, Sondag, wanner ons per trein gereis het na Hassalt, waar ons somerskool bywoon:
Dag 4 - Sondag

Foto's dag 3

Foto's van dag 3 is hier beskikbaar:
Dag 3 - fiets toer

Sunday, 01 July 2007

Foto's - Dag 2 - Bus toer

Foto's van dag 2, die bus toer kan gesien word deur op die foto hier onder te klik, of op die "Van Belang" lysie aan die linkerkant van die bladsy waar staan "Foto's - Dag 2 - Bus toer" te klik.
Dag 2 - Bus toer

Foto's

Foto's van Dag een van die toer is reeds beskikbaar by Picasa web albums.
Dit kan gesien word deur op die foto hier onder te klik, of op die "Van Belang" lysie aan die linkerkant van die bladsy waar staan "Foto's - Dag 1 - Aankoms" te klik.
Foto's van die gebeure tot op hede volg!
Jongerenproject 2007 Dag 1 - Aankoms